Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Wat op aarde is ons doel en rigting?–
Ons ploeter aan en vul ons dae ...
Met nuttelose sake ...
Van rande, rekenings en verkeers boetes,
Geen sin maak al die noodelose doen en late.
En tog spandeer ons dae en nagte –
Om ons self te kwel oor sulke sinlose gejaagtheid ....

Ons ken nie meer die kern van eie mens wees.
Want dit het ons al by geboorte op gegee.
Die innerlike mooi, rein en edel –
Lankal vergete met nuwerwetse leef wyses .
..en diep begrawe ... ? miskien dood
- die saad van my eie mens en gees.

Hoe sal ek die “resurrection” bewerkstellig ? –
Die siel se deure opsluit – die bevryding !
Sal die vryheid my duur te staan kom –
’n “Outcast” word vir my denke.

Te hel met die vrese en vertwyfel -
Hoekom my siel verkoop vir ’n stuiwer
Se en doen wat ek dink en voel –
Sonder berou oor wie en wat,
.... dink ek bedoel.
Dis myne !




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My menswees
Dankie vir jou woorde Carol... Ja die "bitch" word soms gebore uit 'n drang na oorlewing. Jy is reg met jy stelling een met 'n hart. En weet jy dit maak dit soms moeiliker want ons VOEL. Maar dan skryf ek en laat die woorde maar namens my hart praat. Soos jy hoop ek vir daai iemand wat verstaan en dit kan lees soos dit bedoel is. Skryf vir my lanalowe@hotmail.com - Baie groete
13 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


My Menswees
Hey Lana,
Weet jy, ek glimlag so binnetoe as ek jou werk lees -juis hierdie spesifieke stuk. Hoekom? Ek herken myself ABSOLUUT in hoe jy skryf!. Ek is n TOTAL BITCH - glo my. Maar n sagte een met n hart, as dit hoegenaamd vir jou sin maak -wat ek nogal glo dit sal.

Weet jy, ek sal graag saam met jou n koppie koffie wil gaan drink en HEERLIK gesels oor al die skryf-dinge , ....aan die ander kant, mens voel so bleddie aardig om so iets te se, want alles is mos 'EVIL" deesdae. In elk geval, ek geniet jou stukke baie.

CarolW.
13 jaar 7 maande 3 weke 2 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar