Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die vaal grys skakerings van gister
Tussen helder skakerings wat vervaag tot niks
Sien ek die buitelyne van jou silhoeët
Daar waar jy besig is om ons skeidslyn te trek

Jou silhoeët spook selfs in my drome
Daar waar ek probeer om ‘n toekoms te beplan
Selfs daar kom jy vir my sê
Jy’t ‘n ander liefde gekry

Sê my, hoekom wil my hart jou nie laat gaan?

Ek wil ‘n gelukkige toekoms bou
Een waar ek nie desperaat aan jou vasklou

Ek het met Hades onderhandel
Ek gaan vir Cerberus aanstel
Om oor die skeidslyn te waak
So kan ek ophou om ‘n gek van myself te maak



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ooreenkoms.
Goed geskryf.

Los die natuur om sy gang te gaan al is dit ook hóé moelik.

Ek weet presies wat jy sê, maar daai desperate vasklou is nie jou pyn werd nie.
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 13 ure oud


Ooreenkoms
Mooi geskryf. Xx
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 23 ure oud


Versigtig: Hond
Ooreenkomste met sulke ouens kan drukkende navolge hê!
GvT
4 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar