Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jeremia Daniel Cronje
( 30/09/1933 -18/02/08)

n goeie man
Ja dit was hy
het nooit ooit
met my ma baklei

Stil op sy eie
sal ek hom onthou
met knipmes
wat deur biltong kou

Lief vir sy lees
Wilbur Smith
Heinz Konzalik
Engels lees
Dit was eie aan sy stil gees

Geen drukkies , soentjies
of skootsit
Geen pa se meisiekind
Geen pa se blom
Geen liefdewys van hom
Hy was n introvert

Geen slaan – geen vloek-
Geen mishandeling
Hy was n goeie man


My pa
sou altyd help
as ek sou vra
Hy was n voorsiener vir sy gesin
Hy het daagliks die brood gewin

My pa is dood

Wanneer het dit dan gebeur
het my hart so diep geskeur
Was dit op n ouderdom nog jonk
hoekom dan die hartseervonk

Baie min was hy tuis
Baie stil in ons huis
Meestal op sy bed gelê
en lees
dit was deel
van sy stil gees


Die kis is mooi
met blomme geel
My pa lê nou op wit fluweel
Die blare is diepgroen
wat saggies die houtdeksel soen

Sy oë is vir altyd toe
Hy kan nie meer lees
Dit was deel van sy menswees

Ek streel sy baard
My trane kom
Ek was tog eintlik lief vir hom
Hier waar ek oor hom buk
Voel ek die hartseer in my ruk

My pa is dood

Ek soen hom saggies
op sy voorkop
Die trane loop
dit wil nie stop
Ek streel nog eenkeer oor sy gesig
n hartseer waaroor ek nou dig

Die kerk is mooi
Die mense sing
Terwyl trane
Herinneringe voortbring
Ons groet vir eers
Hy moet nou gaan
Terwyl ons
by die kerkdeur staan

My pa is dood
maar ek weet vandag
Hy sou tog alte lekker lag
as hy ons almal daar kon sien
n goeie man wat prys verdien

Eendag wanneer ons weer ontmoet
Sal ek my pa in liefde groet
Ek bly sy jongste meisiekind
en is deur Christus aan hom gebind.




Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Pa se afsterwe
Die jongste meisiekind sal dit die meeste voel. Al het hy nie die woorde gehad, belowe ek jou jy was sy hart se punt. Al kon jy nie op sy skoot sit nie, was jy tog diep in sy hart; baie nader, nê?

Onthou die mooi; hy baan 'n weg vir jou na die Hemelse Vader.

Sterkte met die verlange; dit raak later herinneringe en is dan nie meer so seer.

Vrede
6 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


My pa is dood
Vandag het ek saam met jou stilgestaan, my hoed afgehaal en my hoof gebuig. Dit het my laat terugdink aan jare gelede en vir die eerste keer het my wange nat geword. Angola was nog te vars in my om die emosies van my hart toe te laat om vryheid te kry. Dankie vir die mooi uit jou hart gedeel, dit het my emosies laat uitkom, eens van my gesteel. In my gebede sal ek jou hart aan Hom opdra om dit toe te vou.
6 jaar 6 maande 3 weke 4 dae oud


Jy verwoord jou seer dat dit 'n mens se eie gemaak kan word. En al was hy op sy stil manier maar min by die huis, klink dit of liefde daar geheers het. Sterkte
6 jaar 7 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


trane in my oë
ondervleis oor my lyf
BAIE mooi en hartseer geskryf.
6 jaar 7 maande 3 weke 23 ure oud


hou van die alleenstaande herhaling van>my pa is dood.
dalk kon jy daarmee geindig het.

(...my innige simpatie...)
6 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


Jy deel pragtig met hierdie tragedie in jou lewe. Ja, ek dink hierdie is 'n besonderse gedig.
6 jaar 8 maande 1 uur oud


Afskeid is nooit maklik nie.Tog lees ek hoop, 'n lewe wat nie wag nie, toekoms en stilte wat MOET kom.
6 jaar 8 maande 1 dag 7 ure oud


Dink aan julle gesin met liefde...
6 jaar 8 maande 1 dag 17 ure oud


Jou emosies word baie goed verbeeld en jou herinneringe mooi saamgevat.
Sterkte vorentoe
6 jaar 8 maande 1 dag 19 ure oud


My pa is dood.
Ek het nou net jou gedig gelees,dis pragtig,opreg en uit jou hart.Ek sit met hoendervleis,my hele lyf vol.Sterkte vir jou en jou familie.
Groete Funnyface.
6 jaar 8 maande 1 dag 20 ure oud


Sterkte vir julle. Mens is nooit voorbereid daarop nie, ongeag watter ouderdom ookal. Ek het my ma verlede maand verloor. Die gemis is altyd daar. Mooi oorgedra die woorde.
6 jaar 8 maande 1 dag 21 ure oud



Van ons Premium+ lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar