Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as ek in eerbied voor U nader
in stilte met U kom vergader
my siel kom stilmaak
sodat ek kan leegraak

nederig sit ek voor U o Heer
om verdraagsaamheid te kom leer
sak ek in ootmoed neer
sodat alle lelik uit my kan skeur

ek dra die wat my ongenadig kneus
sag na U Vadertroon
sodat U Gees ook in hul kan woon
hul ook eendag Koningskinders kan wees

U vrede oorskrei alle perke
U grootheid word gesien in alle werke
wonderwerke deur U beplan
lank voor ons sien of verstaan

in stille aanbidding staan
ek voor U Almagtige God
U wat my paaie baan
sodat ek nie in wanhoop vergaan
U is die beskikker van my lot

so klim ek geloofsberge uit
om in stilte U te kan ontmoet
niks kan U planne stuit
U beplan ‘n nuwe altaar – so goed

so is my siel dan vandag
voor U stil my God
onrus het gaan lê
met stille wete
– ek is waar U my wil hê
Want U bepaal die lot
Ook in my lewe

© Anzé Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

stil voor God
anze ek kan my imleef in hierdie gedig van jou. Dit is absoluut fantasties
5 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Verhouding
Spreek van 'n intieme en volle vertroue met jou Skepper! Baie mooi!
5 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 13 ure oud


Stil
Hierdie gebed kom slegs deur die inspraak van die Heilige Gees!

'n Puik stukkie werk en Amen ek daarop!
5 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 9 ure oud


Stil voor God
Hierdie is 'n puik gedig Anze. Ek voel hoe die rustigheid in jou plekneem hier. Hou so aan vriendin
5 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


Stil
Watter pragtige gebed. Ek maak dit ook myne. Vriendin, ek ken, ek weet en verstaan jou hel, maar nou is jy absoluut op die regte plek. Wees verseker, Hy is besig.
5 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


Stil voor God
Watter pragtige gebed om stil te word voor God. Dit is soos jy se Hy bepaal die lot oor ons lewens. Pragtig
5 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Stille geloof
Baie mooi geskryf
5 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Stille geloof. . .
"So klim ek geloofsberge uit om in stilte U te kan ontmoet. . ." Dit laat my asemloos, dankie vir die deel vriendin.
5 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar