Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My labtop-skerm-see
daagliks verplaas ek my
na jou gesonke weë
van 'n Atlantis
se meeugeskal
en vetkrytvis
se kleutertal
maar veral
oor die glimmer
van jou aura-blou
se immer.

Want ek raak soek
in jou raaiselblou
en verlief
op jou slaappopblou
en ek word rustig
in jou windstilblou
en opgewonde
oor jou broekieswitvalle
se Can-can-blou!

En dan,
in jou onbewaakte oomblik
as jy dink ek sal nie sien.
verstar my blik
op jou vodde-kiem -
en op 'n manier
laat dit my beter voel
om te weet dat ook jy, my Skelf
nes ekself,
breekwater-geraamtes het
wat onverhoeds
gestrand-uitspoel.


© Elizabeth Greef - 19/06/2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My Skelf, nes ekself! (Foto 2)

'n Besonderse kykie... Pragtig gedoen!
5 jaar 8 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


skelf
sjoe hier het jy jouself oortref!!! Absolute puik beelde gebruik en pragtig gepen
5 jaar 8 maande 1 week 3 dae 20 ure oud


die weervoorspelling
stunning slot.
en ek is mal oor 'vetkrytvis'
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae oud


aura-blou
My rekenaarskerm neem my gewoontelik ook na ander plekke (en verbeeldingswerelde), dit inspireer so 40% van my gedigte. Maar Driekie is reg, niemand kàn dit beter as jy sê nie!
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Skelf
Wow! Jou laaste strofe is uitmuntend, niemand kan dit beter sê as jy nie :)
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


Skelf
baie interessant . . . dié laptop-skerm-see . . .
5 jaar 8 maande 1 week 4 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar