Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ek staan langs die foto van my lewe,
ek kyk diep, lees dan elke kleur en besef ek is nie meer net sewe.



Die tyd het gevlieg en ek het alreeds ‘n lang reis agter die rug,
ek sien in die donker stukkies al my sweet, trane en oomblikke van sug.



In die kleur van die hemel, sien ek rustigheid, bevrediging, en trots.
Soos ek kyk na die res van die pad sien ek dit is steeds onvoltooid, dis dan wanneer ek besef ek moet sterk staan soos ‘n rots.



Dinge lyk vreemd soos daar klomp stukkies nog nie geteken en ingekleur is nie, maar ek weet ek staan met die potlood, vol besluite in my hand.



Ek het nie die talent om self te skilder nie,

maar ek weet presies wat ek wil teken en waar.

Ek probeer my bes om dit op papier te sit

maar ek vind dit ongelooflik swaar.



Toe fluister Hy saggies in my oor, “My kind jy het die keuses in jou hand, maar ek is die een wat als inteken, elke lyntjie, so fyn soos die fynste sand”.



My lewe lê in my hande, maar ek het steeds die beste Kunstenaar.

Hy teken verder soos ek die wedloop voltooi,

Hy gebruik elke nodige kleur, silwer, groen, pers en rooi.



Só maak ons ‘n span, en maak nie saak hoeveel swart en dowwe kleure daar ookal gaan wees nie, ek weet dit gaan ‘n kunswerk wees soos geen ander.



God sal hóm raam en trots wees op die storie wat die skildery vertel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skildery
Pragtig Annestashia
6 jaar 9 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


skildery
Puik beskrywing van jou Kunstenaar en Skepper. Knap gedaan.
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar