Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Kom skilder op die tere hartsdoek van my
skakerings van die Hantam net ek en jy
ons gebruik die heimwee kwas
hartsnare en herinneringe aan mekaar gelas

Gebruik eers die kleure van bruin vir die stofpad en die berge se kruin
hier en daar strepies van swart
om die donkerdiep skaduwees van die son te tart

'n Tikkie pienk gemeng met die rooi kleur van wyn
vir die son se vingers wat op die horison kwyn

Nou gebruik ons die kleure van groen gemeng met geel
die gannabos- en soetdoring blare moet jy jou verbeel

Pastelkleure van poeierblou skilder ons om die helder witwolke te omvou
gebruik sommer bietjie donkerblou en grys
vir as die wolke reën wil wys

Vir die melkweg skitter sterrenag
lê swart en silwer op die palet en wag
meng 'n bietjie glinster by net om die silwerdoek-effek te kry

Nou spat ons met die kwas in tapiserie alle kleure saam
vir helder bont blommekleure wat op hierdie leegland staan

Geen naam geteken onderaan hierdie meester-prent
gee God die eer vir hierdie skeppingswerk

Gewonder hoe om die prent in 'n raam af te rond?
ons omraam dit maar in die harte van die Hantam-mens hier rond...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hantam
Wow, sinne uit my siel,
hierdie is voorwaar 'sinne uit die skeppingssiel'!
Doodeenvoudig beautiful!
5 jaar 2 maande 2 dae 2 ure oud


***
Uitstekend geverf...
5 jaar 3 maande 1 dag 19 ure oud


Harte
Briljant, absoluut BRILJANT! Kwashaal vir kwashaal!
Skilder jy?
5 jaar 3 maande 5 dae 21 ure oud


Skildery
Pragtige prentjie hier geverf en ewe mooi verwoord.
5 jaar 3 maande 6 dae 3 ure oud


SKILDERY
Dit is absoluut pragtig
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 14 ure oud


MY SKILDERY IN HARTE GERAAM

Ouboet, hier hou ek wegkruipstilletjies moedswillig my bek want jy het hom stil kom dig!
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


My skildery
Uitstekende werk!
5 jaar 3 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


Skildery
Pragtig gepen... ek kan sommer die beeldskone prent voor my sien...
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae oud


My skildery
Absoluut Briljant! Ek sien die Hantam-berge met die blou lug daarteen afge-ets!
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


...
Alte mooi geskilder ...
Welgedaan ...
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


hantam
Sommer baie, baie pragtig. Maak my hart week. Goeie werk!
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


die weervoorspelling
beautiful(werk)

liefit.
5 jaar 3 maande 1 week 5 dae 4 ure oud


my skildery
wow dis die mooiste woordskildery!!!
5 jaar 3 maande 2 weke 1 dag oud


Skilder
Sjoe! ek wil vloek so goed is die vir my my, op die oomblik sukkel ek om die woorde te bekom. Wel-ge-in die kol-doen!
5 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar