Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My oë gly streel-soekend
oor verseëlde geheime
in die sterplafon
wat gerusstellend oor my koepel

en ek wonder

waar die poorte dan versteek is
waardeur ons gewigloos
in tydlose volkomenheid gesweef het

terwyl

my gedagtes vroetel
aan die minnepante
wat ons aanmekaar geweef het

maar

ek moes leë-hand terugkeer
soos ‘n hawelose Noag-duif
uitgeput
sonder die takkie van ‘n olyf



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sonvloed
Wat `n pragtige gedig met ryk beelde! Ek hou daarvan!
7 jaar 8 maande 4 weke 8 ure oud


O
verruklik ... ek kan dit net bewonder
8 jaar 3 maande 2 weke 21 ure oud


My sonvloed
Hou van die titel - vertel van 'n groot, persoonlike ervaring. En ja, wat die liefde betref, is daar uiteindelik meer vrae as antwoorde. Hou baie van die slot wat insinueer dat jou vraag onbeantwoord bly. Passievol geskryf, sonder om oordrewe te wees.
8 jaar 5 maande 1 week 3 dae 13 ure oud


Beautiful
Pragtige slot, hou ook veral van:

"en ek wonder

waar die poorte dan versteek is
waardeur ons gewigloos
in tydlose volkomenheid gesweef het"

8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 7 ure oud


Stunning
Voel hoe ek my hande om myself slaan en se : Dit gaan eendag ok wees....
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 9 ure oud


Noag-duif
Hou van!! ;-))
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


So Mooi Geskryf Mefri !!!
Sjoe, daai het my binnekant nou diep getref, dit is so ver weg maar so naby, ek weetnie hoe om te beskryf maar dis "out of this world"

My oë gly streel-soekend
oor verseëlde geheime
in die sterplafon
wat gerusstellend oor my koepel

8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


sonvloed
Eenvoudig pragtig!
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


die weervoorspelling
diep.
goed geskryf.
kan dit weer en weer lees en elke keer meer hieruit kry.
Hou aan hoop..hou aan soek....die vloed moet eventually sak...en jy sal daai olyftakkie kry.
Lekker introspective
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


My Sonvloed
Mooi Mefri, dit is pragtig!
8 jaar 5 maande 1 week 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar