Weergawe: 1
Aantal woorde: 152
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 28 Sep 2015
Daars ‘n tyd wanneer dinge nie wil werk;
al probeer jy hoe hard, of veg jy hoé sterk
Die lewe wil soms net nie vlot;
jou planne verander nie jou lot
Jou beste pogings voel verniet;
jy voel moedeloos en vol verdriet
Wat moet ek nog doen dat dinge moet werk;
wanneer voel ek dan weer sterk?
Toe hoor ek die ou man op die Vlakte van die Kaap;
diep uit sy hart sê hy sonder wraak:
"Wat loe djy my so my bra;
wat luister djy as ekke so kla?
Kan djy nie sien dat my stomp nie brand;
al beur ek ook na watter se kant
Djy moet mooi watch my bro;
hou dop my Grootman doer bo
Hy gaan weer my stomp ignite;
Hy alleen het die matches om my stomp te light!"
Brother you don’t wanna know;
my stomp gaan weer brand;
daai sê ek vi djou"
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Willie Botes
Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer