Gedigte

Bladsye:
Titel: My Taal
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My taal, jy is soos ‘n sonstraal,
Die woorde, bly in my kop maal!
My spraak is vaal en kaal,
sonder jou, my moeder taal!

Jy, lewe nie in ‘n kraal,
kulture, word deurmekaar gemaal,
my moeder tong, jy word soos staal,
wanneer iemand, dit probeer vertaal!

My taal, jy is soos ‘n generaal!
Wie kan hul vuiste vir jou baal?
Het iemand, vir jou klanke betaal?
Die kanse is skraal, hulle sal faal!

Ek moet myself herhaal,
my taal, jy is waarlik spesiaal,
vir ander, is jy dalk banaal,
vir my, is jy prag en praal!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moet se, Afrikaans kan trots wees om iemand wat hom so lief het soos jy onder sy gebruikers te kan tel. Pragtig!!!! Ek het jou gedig werklik geniet.
14 jaar 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Alles-in-een-toerustingspakket

    deur Christo Nel

    Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar