Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dat mense my verstaan
is aan jou te danke
dat ek my weg
deur die lewe baan
is aan jou te danke

dat sy weet hoe ek voel
is aan jou te danke
alles wat sy
in my hart laat woel
is aan jou te danke

dat ek lewe
is aan jou te danke
dat ek my tot
my God kan begewe
Is aan jou te danke

dankie Afrikaans, my taal
dat jy die medium tot ’n eie ek is
mag jy lewe tot in lengte van dae
totdat Jesus ons kom haal



Sidney E. Cloete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig - ek kry hoendervleis.
10 jaar 4 maande 16 ure oud


pargtig en jy sê dit so mooi in ons moedertaal, Afrikaans hou so aan
10 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


My taal, my beminde
Pragtig en so baie waar. Dit maak my hart warm. Daar is nie nog 'n taal soos Afrikaans nie
10 jaar 5 maande 6 dae 22 ure oud


so eenvoudig, tog so effektief
10 jaar 5 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


My taal
Ja werklik. Ek voel ook soos jy teenoor Afrikaans. Bravo vir hierdie gedig.
10 jaar 5 maande 4 weke 7 ure oud


Pragtig Wragtig!
10 jaar 7 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


O moedertaal, o soetste taal. Ons is voorwaar bevoorreg om Afrikaans te wees.
10 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud


Pragtig! Lank lewe ons taal!
11 jaar 8 maande 1 week 4 dae 20 ure oud


dankie
so n gebed het ons volk nodig
12 jaar 8 maande 4 dae 19 ure oud


my taal
Hi,

Pragtig maar heeltemal te soetsappig...
13 jaar 5 maande 4 dae 10 ure oud


My taal, my beminde.
Wil jy nie ook bydraes lewer tot die marathon-gedig nie? Kyk vir marathogedig onder "skrywers" dan kan jy sien wat is nog nodig.
13 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


Afrikaans
Sidney, wat 'n pragtige gedig oor jou gevoel vir jou taal. 'n Mens kan jou ware gevoel daaroor duidelik daarin lees. Louis Basson
13 jaar 8 maande 3 weke 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar