Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek roep die woud tot stilte
maak uile stom
stol die blare ritsels,
mat die bosvloer met dennenaalde en dwing die
kameeldoring om sy penwortel te verskuif,

bromduif skuifel tortels nader aan mekaar
en wilde bessies string snoere vir jou enkels
en pols,
boombas verkrummel tot pulp sodat ek 'n
wens vir jou daarop kan grif.

my wens vir jou :

om te sweef bokant pieke
die einders sonder vrees te verken,
'n nuwe kronkelweg oop te breek
om jou hunker na die onbekende
finaal vry te spreek,
om banneloos te droom in kleur
sonder huiwer oor wat dalk kan gebeur,
engelvere aan jou vleuels te gom
om deur gedagtes op die glybaan van die maan
soms ook na my te kom

ek roep die woud tot stilte
pers asem uit elke fynbosstruik
sodat jy gekneusde aromas van my seënwense
teen die palms van jou hand kan ruik.


© 2010 Almarie Truter



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ammie, weer eens 'n treffer van formaat. Ek knoop hom toe in my gunstelingbeursie! Dankie hiervoor!
9 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 21 ure oud


"Bromduif" Dit het jou lank gevat.
Am, hierdie gedig is vir my sekerlik een van jou heel bestes. Dit lees maklik. En ek hou van die herhalings wat jy gebruik. Skitterend geskryf. En natuurlik vir my 'n gunsteling.
9 jaar 6 maande 3 weke 11 ure oud


Aag, ammie, dis nou mooi.

En jy bring dit mooi bymekaar in die laaste reël.
9 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


My wens vir jou
Sjoe, wens iemand het sulke mooi wense vir my. Pragtig en treffend verwoord - veral jou slotvers tref die "sweet spot".
9 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Woordeloos mooi!
9 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud


n Beautiful wens
9 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


"ek roep die woud tot stilte
pers asem uit elke fynbosstruik
sodat jy gekneusde aromas van my seënwense
teen die palms van jou hand kan ruik"

Ek kan dit in my gemoed voel. Dis stunning en sal verseker bo op my lysie wees. Jy het my dag net soveel beter gemaak met die!
9 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Uitsonderlik
Voorwaar dit is 'n asemrowende gedig! 'n Gunsteling!
9 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar