Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Mymer gedagtes van bejaard
geestelik so jonk geaard
oorbluf, gemoedsrus beklaag
oortuiging harnas ingejaag
betwyfel liefdeswaardigheid
bedink gespreksbeleid
in woestynvlaktes
groteske arms van kaktus
windvertooiing, sonverbleik
poog deur storms hand uitreik
na verbinding, stabiliteit
voor dit knak in onvastigheid
ongenadige elemente deer
in peillose net vasgekeer
eensame jakkalsroep in donker
sekelmaan en sterre dof flonker
drogbeelde dreigend, tastend
weerloos, stiltes broos, nakend!

Joan 2013-10-27



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mymer gedagtes
WOW !!!pragtige woord gebruik.
6 jaar 5 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


O
Die fassette van meimering, die elemente van verlate en verlore ..... alles mooi saamgevat
6 jaar 5 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


---
voor dit knak in onvastigheid
ongenadige elemente deer
in peillose net vasgekeer [Daai woordjie "knak" word as te ware "een" met die titel van jou gedig. Uitstekend verwoord Ms Joan]
6 jaar 5 maande 1 week 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Liewe Ma - van Bart I

deur Bart

Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar