Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Mymer gedagtes van bejaard
geestelik so jonk geaard

oorbluf, gemoedsrus beklaag
oortuiging harnas ingejaag

betwyfel liefdeswaardigheid
bedink gespreksbeleid

in woestynvlaktes
groteske arms van kaktus

windvertooiing, sonverbleik
poog deur storms hand uitreik

na verbinding, stabiliteit
voor dit knak in onvastigheid

ongenadige elemente deer
in peillose net vasgekeer

eensame jakkalsroep in donker
sekelmaan en sterre dof flonker

drogbeelde dreigend, tastend
weerloos, stiltes broos, nakend!

Joan 2013-10-27



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

--
Soos wat ek lees bly die titel van jou gedig by my spook .. mymergedagtes. Seergedagtes. "Was Gewees" gedagtes wat nog steeds "Is"
6 jaar 5 maande 5 dae 13 ure oud


mymergedagtes
hierdie gedig laat my aan my oorlede ouma dink en verlang.. die aaklige Alzheimers wat haar gedagtes die laaste 2 maande voor haar dood kom haal het... PUIK verwoord beskryf die ouderdom so goed
6 jaar 5 maande 5 dae 14 ure oud


Mymergedagtes
Weerloos, stiltes - broos
Dit is hoe die herfsjare my laat.
Presies net só

Thanks
6 jaar 5 maande 5 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar