Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My bloed was positief
vir ietsie meer kreatief,
maar sien jy nou:
Roi is 'n skitso
en hy verbied jou
om vinniger te ry (as jy wou).

Want agter in die hoofpad
was daar 'n straat "KortPad"
en met 'n donkiekar papnat
het sy bande geskree windgat.

Dis ek en jy en ons en dit:
'n Huis vir almal en fondasies wat kantel.
Buite skyn die son en binne reën dit
en met hierie pyp, gaan ek nou op die bak sit.

Sy 'n Lyer en ek 'n Leier
en saam-saam word ons verhouding luier.

Hoegannit?
So!
F*kkof!
O?

Menswees vrek met 'n ketting om die nek.
Geen respek vir my gemoedstoestand wat lewe lek.
Spêk... en eiers. Koffie en room.
Nou deel ons hierdie droom: Om "Happy" te wees.

My gees vrees depressie reus!

Bi-Polêr en deurmekaar geblêr.
Skree vir vrede, bid vir rus:
'n BAIE GROOT KIS.
Vol issues, rooi tissues en 'n verlede vol leemte.

Praat oor non-komunikasie:
'n lewe vol inflimasie
en 'n soek-soek na persoonlike spasie!

Klim in en kyk weg.
Daars geen geveg,
maar als is steeds nie reg.

Monoloë waarna mure luister,
terwyl dit saggies niks vir die duister vluister.

'n Duisend woorde,
miskien net tien?
Ek is amper seker dat ek ook so iets verdien...

Vir al wat ons weet is hierdie ons klimaks
en alles anders ongehoorsaam en onbedags.
Onverwags omgeval,
op bloed verstik en gesweer hul sal
"Nooit weer ooit nie..."
Maybe nog nooit nie?

My rug is seer
en my sole sweer
om die stank van, klank van, smaak en gevoel van
opgespore verlore tenore
oor te dra aan jou.

Want jy kry lekker
om my te hê as die kaas op jou cracker.

Cream en soda maak Creamsoda...
Ek is Obi en jy my Yoda!
Ek dink dié gedig is miskien nou klaar...
So sê net wanneer en ek is nou daar!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n werk soveel keer gelees, en toevallig val my oog vandag daarop... en jy beeld baie goeters uit... jy beeld 'n leef uit.. ervaring, iets wat jou toerus om te verstaan, om verby al die opgesmukte mense daarbuite te kyk... wel gedaan!
10 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar