Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

my oë volg die helikopter
twee groot lemme wat vinnig draai
stadig en met grasie die lug opgaan
dan vinnig verdwyn na volgende boer

pa draai swaarmoedig om
ons moet paraat wees
hier kom groot water
dalk kan die damwal breek

teen die Marico rivier
staan hektaar op hektaar
een van die grootste mielieoeste ooit
met grootste sorg en liefde geplant

in verte hoor ons ‘n gedruis nader kom
nuuskierig klim ons op tabakstoor se dak
niemand kan glo wat ons sien
massas water wat voort stoomroller

ryp mielies wat wag om geoes te word
staan in pad van voort rollende waters
elke mielieplant swig voor die massa
kniel en verdwyn onder water

in sekondes lê daar voor ons
‘n massa vuil water
so ver as wat die oog kan sien
kartelend, dreunend met ‘n suising in die wind

langs my draai pappa om
nooit het ek hom ooit sien huil
maar vandag is anders
hierdie boer het geknak

pappa se skouers ruk
snikke weerklink in die wind
skouers kromgetrek van pyn
het jy al ‘n boer se trane sien val
van hartseer, skok en pyn?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
net so mooi as wat die massa water kan wees..net soos wat dit mens magies kan aantrek,net so verwoestend kan dit wees.
Die natuur is magtig.
en die mens..magteloos.
4 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Boere se trane
Boere huil nie maklik nie, nee hulle is mos manne. Maar manne het ook harte en na só 'n verlies sou selfs ek tjank.
Mooi vasgevang.
5 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 7 ure oud


Trane
Ek kan my net die skok voorstel. Na soveel harde arbeid en dit verdrink onder die water , in n oogwink. Dis hartseer, baie ook.
5 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 19 ure oud


Ano
Trane
Dit moet 'n vreeslike ding wees om te sien! So jammer
5 jaar 2 maande 9 ure oud


trane
Sjoe...dit moet darem verskriklik wees. Hoe moedeloos moet só 'n pa nie voel nie...
5 jaar 2 maande 16 ure oud


Boer se trane
Ans, dis hoendervleis mooi hierdie, raak diep in die hart. Kan my net die magtelose gevoel indink.
5 jaar 2 maande 19 ure oud


Trane
Ek kan my maar net indink.'n Hele jaar se harde werk binne sekondes weg. My pa het vertel van hoe hy en 'n boer saam gehuil het toe 'n haelstorm 'n hele waatlemoen oes, morge en morge daarvan, binne sekondes aan flarde geslaan het.
5 jaar 2 maande 19 ure oud


Ai toggie . . .
hoe goed ken ek dit nie . . . ennnn: my pa het in Groot Marico opgegroei . . .
5 jaar 2 maande 23 ure oud


trane
ek het n muggie in die oog en nou traan my oog
5 jaar 2 maande 23 ure oud


trane
En daar gryp ek eers die snesie. Jy het dit pragtig raakgeskets.
5 jaar 2 maande 1 dag 5 ure oud


boer se trane
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Water projek
5 jaar 2 maande 1 dag 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar