Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In ‘n vernietigende brand
verloor baie plakkers die bietjie besittings
wat hulle nog hulle eie kon noem

Plakkershutte afgebrand tot die grond
net ‘n hoop vaal swart as inruil vir die bietjie
wat hulle noeg hulle eie kon noem
besittings nie van veel waarde
maar was hulle sin, om mee te oorleef

In die middel van die puinhoop
met die opkoms van die son in die ooste
sit ‘n jong seuntjie, skaars geklee
op ‘n oranje plastiese krat
ironies die oranje die enigste kleur
in die swart grys van die as rondom hom

Hy tokkel op ‘n plastiese kitaar
meskien sy enigste speeding wat nog oor gebly het
trane rol oor sy wangetjies
sy hartseer gevou in die grou grys van die oggend
getoonset in die klanke van ou plastiese kitaar

Mense staan verslae rond
ander neem hande en vou dit saam
in gebed tot God die Almagtige Vader

"Vader droog ons trane
genees ons gebrokenheid
gee ons weer selfresek
laat daar vir ons weer hoop kom in dae vorentoe
vergewe ons ons sondes
laat ons alles oorwin in U liefde en genade
en ons liefde hier vir mekaar

In Jesus Naam - Amen!"




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

brand
baie hartseer
4 jaar 5 maande 1 week 3 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar