Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

"Ek dink nog elke dag aan jou!"
was my laaste woorde aan haar.
Ek sien haar steeds as my droom-vrou.
Iemand wat ek van die begin af van hou.

Van die eerste dag af het ek haar
as my eerste en enigste liefde gesien.
Sy was 'n sonstraal in die koue winter,
'n koue ysie in die somer.

'n Lewe sonder haar kan ek my nie indink nie.
Maar realiteit het my tot die skokkende besef gedwing.
Magteloos moet ek by die huis sit en bid vir jou gesondheid,
moet ek wonder of ek jou ooit weer gaan sien.

Ek sou alle kwaad van jou probeer afweer,
selfs al moet dit die helfde van my lewe kos.
Ek sou tussen jou en die dood wou inspring,
indien dit daartoe sou moes lei.

Sonder jou is soos om nat te wees in die winter,
soos om in 'n sink-huis te wees in die somer.
Verlate en alleen in die wêreld te wees.
'n Sinnelose bestaan te voer.

Ek is lief vir jou,
ek soek nie 'n ander nie.
Ek soek vir jou,
ek wil met jou trou.

In die wêreld is daar nie nog so 'n unieke mens soos jy nie,
nie nog 'n persoon met jou glimlag
of liefdevolle persoonlikheid nie.
Niemand kan jou plek in my lewe inneem nie.

Ek bid tot Hom wat sterker is as ek

Om jou asseblief te spaar.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefde vir 'n vriendin
Om so ver weg te wees van iemand wat jy baie lief het en uit te vind dat hulle veg vir hul lewe teen breinvlies ontsteking is seker een van die ergste wroegings wat mens deurmaak. Dit help nie om te gaan besoek nie, omdat niemand toegelaat word nie.
10 jaar 9 maande 1 week 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar