Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vroegoggend en jou oë is strak
In jou hart is jy ‘n wrak
Dink aan die jare verby
Teen die trane moet jy stry

Haar reuk wat aan jou vaskleef
As jou hart ruk en beef
Die goeie herinneringe aan haar
Sal jy altyd diep in jou binneste bewaar

Eerste moedersdag sonder haar
Sy is nie meer daar
Jy sal haar vir altyd onthou
Die innemende moeder en vrou

Altyd gereed met woord en daad
Nooit ooit lelik met jou of vir jou kwaad
‘n Regte steunpilaar
Sowaar

Dit het die Here beskik
Maar dit voel nog so onwerklik
Hy het haar weggeneem
Op ‘n tyd wat jy op haar moes steun

Met ‘n glimlag, trane hier en daar
Moet jy tog ook jou seëninge besef sowaar
Jou eie kinders is baie lief vir jou
So ook jou man, my geliefde vrou

As vrou, moeder en ouma van ons spul
Het jy ons lewens met deernis aangevul
Dankie dat jy, jy is
Mag daar vandag vrede in jou hart kom rus!


Moedersdag 10 Mei 2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar