Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My Hooggeagte Tjom-nis

Net vir jou, wil ek vanoggend ietsie gee
Uit liefde en respek
en net vir die Sommer
Want sommer net so
het Toeval jou eendag
in my skoot gegooi
Op ʼn dood gewone dag

Op ʼn gewone dag soos vandag
gee ek jou my woorde
ietsie uit my hart
ʼn Gewone dag geskenk
want ek laaik jou

Dê, hierso is ʼn bos sterre en drome
wat ek laasnag in die melkweg gepluk het
en die, In die can fruit bottel
is ingelegde giggels en smiles

verder,
wil jou die plat getrapte een sent stuk gee
wat ek op die sy paadjie sien lê het
tussen skerp gebreekte bottelstukke
net oor hy so eensaam daar gelê het
dis vir good luck in groot maat

O ja, en kry vir jou die Engel veer
wat sopas oor my voete kom lê het
toe die grys Duif oor die stoep gevlie het

Dankie dat jy my Pel is
Op ʼn gewone dag soos vandag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie
Man, en hier klim ek op my stoel en die tafel en ek gee jouy luide applous terwyl ek my voete stamp en skril fluit! Uit-flippieng-stekend!!!!!
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


Doodgewoon
Dis mos heerlik as iemand dit eindelik sê wat mens graag wil hoor!
(Miskien moet ek dit ook ter harte neem en my dank by iemand êrens gaan uitspreek.)
Tja, dankie vir die hupstoot.
GvT
5 jaar 2 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


dankie
Dis nou 'n doodgewone gedig...op 'n doodgewone dag...en dis doodgewoon net pragtig! Ek hoop hier kom nog baie sulke doodgewone gedigte uit jou pen :-)
5 jaar 2 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


***
Stem saam te Anze -- ek laaik dit.
5 jaar 2 maande 3 weke oud


Dankie
Anetjies
5 jaar 2 maande 3 weke 3 ure oud


dankie
mooi gepen
5 jaar 2 maande 3 weke 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar