Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die dae is vanielje
bloeiselboontjie-geurig-ryk
maar ek mis
(soos met ons eerste seun se geboorte)
die teerheid in jou hart se kyk
na my bors se vol-soog-swel
toe in volsirkel-liefde
'n druppel uit jou oog
opwel

Ja, die dae hier is vanielje
soos sjampanje hou ek elke sekonde op ys
die horison se purper-oranje
en die voëls se nesmaakprys
hoor ek soms nog jou stem
onder die diamantnaaldjie van my hart
Lara's-song wat bly draai en draai
tot 'n eendag's lied se
smartontskeld

Die dae hier is vanielje
dadel-oase's vir my drooglê keel
pluk ek weer jou geliefkoosde blomme
papawers sinjaal-rooi en geel
vir jou satyngeborduurde lapel
as in weerontmoet
ons vanuit die hemel
die ou aarde's
verskietende sterre
tel

Die dae is vanielje .......

©Elizabeth Greef - 02/01/2016




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

n eendag's lied
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die LIEFDE projek.
4 jaar 9 maande 3 weke 21 ure oud


die weervoorspelling
digkuns wat mens aan jou kraag gryp..en dan volspoed me tjou hardloop.
Uitstaande werk.....
*kniebuig*
(((n vers om op jaloers te wees..en ek's borriegeel)))
**************
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


Eendag'slied
Sjoe dit is 'n pragtige liefdes gedig!
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 3 ure oud


lied
Elizabeth hierdie is die mooiste mooi wat beslis n diamant verdien
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


Eendag'slied
Sjoe! Ek stem. . .sprakeloos!
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


Eendag
Sprakeloos laat jy my in verwondering!!!
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 16 ure oud


Waaauw! Waauw! WAAAAUW!
Dis definitief die móóiste liefdesgedig wat ek nóg gelees het!

WAAUW!
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


liefde
Liewe aarde, Karmenaadjie. Dis sommer baie pragtig. Werklik 'n lieflike gedig vir my. WELGEDAAN :-)
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


***
Sjoe, K, ek stem saam met Koekekranka! Pragtig verby...
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


'n Eendag's lied ........ (erosliefde)


O so sielvolmooi! Hier praat nie jy nie, maar die 'meester van nostalgie' diep uit die hart!
'n Grootse poëtiese uiting van eerlikbeleefde en diepleggende verlange. Ek lief jou hier!

(My wenner vir die projek "Liefde."
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar