Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In mamma se pensie le jy so soet

Ons kan nie meer wag om jou te ontmoet.

Jou lewe gaan amper begin

Geluk, liefde en vreugde, is wat ons jou gun.


Groot drome droom ons saam met jou,

Styf in ons hartjies is waar ons jou naampie toevou.

Jou eerste asem dui 'n nuwe begin,

Ook vir ons, wat jou alreeds bemin


Ons wil jou eerste tree saam jou loop,

Wees asseblief so soet soos stroop

Met God se hand wil ons jou lei

En jou leer om eendag jou vlerke te sprei


'n lewe vol sukses is wat jy sal hê

Solank jy altyd onthou wat ons vandag vir jou sê

Familie is jou rots in die rowwe see

Raad, aandag en geloof is wat ons aan jou wil gee


Altyd sal ons saam jou staan,

Maak nie saak waar in die lewe jy wil gaan

Droom groot al is jy klein,

Wees sterk en die probleme sal verdwyn


Lag hard deur moeilike dae,

Moet nooit ophou om vrae te vra.

Jy is 'n engel gestuur deur God

Die lig in ons lewe, ons lewens genot.


Wees lief vir jouself net soos jy is,

Ons het jou reeds lief, wees altyd daarvan bewus



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Engel
Ah hoe pragtig verwoord jy die opgewondenheid van 'n wagtende paartjie.
Ek hoop hy/sy voldoen aan julle drome en julle voldoen aan alles wat julle graag wil wees.
4 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud


Engel
pragtige sielswoorde so opreg gepen! Mag hierdie klein mensie nog groot spore in julle lewe trap
4 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar