Gedigte

Titel: ‘n Gebed

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God seën ons land
Seën Afrika
Gee ons krag
En verdraagsaamheid
Leer ons
Wees met ons
In U grootheid

Gee ons die krag
Leer ons van simpatie
Laat ons groei in die sonskyn
Van ons mooi land
En nie verswelg raak
In die skadu van geweld

Laat ons leer
En mekaar respekteer
Want ons is tog mense
En sekerlik almal met gevoel
Ons vra altyd so baie
En gee so min
Maak ons harte opreg met dankbaarheid

Laat ons liefde
Verrykend wees
Deur die band van taal
En ook die van kleur verskil
Want groei moet ons
Bo al die onverwagte

Laat ons dan nou
Dankbaar wees
Verdraagsaam
En ware liefde in ons land
Versprei tot die verste grense
Laat A.S.B al U liefde op ons neer
In al U heiligheid

Amen

BennyB
© 18-19/04/1994 Barend Booysen



Kommentaar

Wat n pragtige gebed! Dit kon n wonderlike nuwe volkslied uitgemaak het, sou ek dink. Wat almal in eenheid verbind.
2 jaar 1 week 5 dae 15 ure 12 minute oud



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar