Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe Heer.....
ek staan vandag voor U.
Nederig, Heer....
ek wil sê dankie.

Maar dis nie 'n dankie
vir kos en vir drank.
Liewe Heer, dis meer...
Vir U wil ek dank.

Vir sy woorde, sy wysheid,
sy geloof, Liewe Heer.
Dat hy elke liewe oomblik
vir my steeds iets leer.

Vir sy eindelose liefde.
Sy bystand, sy krag.
Vir sy vashou, sy aandag.
Die gesels elke dag.

Liewe Heer, waar ek biddend voor U staan,
smeek ek U om oral saam met hom te gaan.

As ek kyk na sy hande wat hard werk ook vir my.
Vra ek U, asseblief Heer, staan hom altyd by.

Hy's my pa Liewe Here.
Hy's my hart se punt.
En soos hy U sin is,
is ek ook sy kind.

Ek dank U Liewe Here.
Maar help my ook asseblief
om altyd te kan wys
ek het hom baie lief.

Amen.



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Gebed
God sal sekerlik jou gebed verhoor of het alreeds , jy sal weet .
Groete .
4 maande 2 weke 1 dag 2 ure 47 minute oud


Jou gedig het my nou skoon bewoë ...

Dis !Beautiful! Net ek ..

En soos hy U sin is,
is ek ook sy kind. [Jy't hier darem maar so, so mooi geskryf!]
4 maande 2 weke 1 dag 12 ure 30 minute oud


Gebed vir pa
Dis n lieflike gebed, so teer en rein. Baie besonders. Plaas dit in n foto raam en gee dit aan hom, hy sal dit baie waardeer.
4 maande 2 weke 1 dag 13 ure 11 minute oud


Hart se Punt
Dit bring trane in my oë! Dis pragtig, woorde kan dit nie beskryf nie. Hou so aan!
2 jaar 9 maande 1 week 6 dae 3 ure oud


'n Gebed
Kan net sê amen!
2 jaar 10 maande 3 dae 11 ure oud


die weervoorspelling
smile.
ag.kosbaar.
ons is so maklik geneig om op te hou om ons ouers te waardeer.
2 jaar 10 maande 6 dae 13 ure oud


Skitterend!
Wat 'n wonderlike gebed, Net ek... 'n mens se vader is die skakel in die ketting wat die sterkste moet wees, altyd stewig geanker in die beskermende hande van die Heer...dis noodsaaklik en ons Hemelse Vader weet dit.
2 jaar 10 maande 6 dae 13 ure oud


Dis besonders :-)
2 jaar 10 maande 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons Premium+ lede

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar