Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier, half dof
in weemoed se swaar kombers,

wil ek met lag-versie woorde
die lewe oopmond rek;
uit my maag uit lag
as my oë se blink aksente
lemme laat rym met sonneblomme.

In die aand pluk ek
geel sterre kaalhand
soos vuurvliegies uit dennebome.
Hulle skiet vonkelverse
as my hand diep uit my boesem
vingers boontoe oopmaak
en sproete uit die nag
in jou hemel in saai.

Die son sê môre
en orals ontkiem die ligte.
God blaas sy Herfsasem
oor nuwe knipoog-letters –
ons oerou grappie rank weer vars boontoe:

Hartseer is net die swartbord
waarop ons met neonwoorde speel.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lag-versie!
Ongelooflik, ek was so lanklaas op Woes en mensig, ek het baie gemis. Pragtige, pragtige gedig!
7 jaar 8 maande 6 dae oud


Hefsasem
Puik medikasie, self aangewend.
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


Wow ...
Dis regtig baie goed geskryf!
Love jou beelde!
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


Puik
Jou gedig is regtig iets baie besonders, Wow!
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 15 ure oud


BORD
Dis voorwaar puik gedoen!
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Neonwoorde
Anders, maar heel besonders geskryf.
7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 22 ure oud


Gedig . . .
Ek dink dit is uiters goed.
Jy het beslis gewerk hieraan en kry my
10/10
7 jaar 8 maande 1 week 6 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar