Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vir jare lank
Het ons gebid
Dat albei van ons
sal liefde vind

Daar was 'n tyd
Wat ons gevra het "Asseblief,
Ek soek iemand spesiaals,
Vol liefde en Advies."

Ons het saam gebid,
Vir jou en vir my
Min het ons geweet
Ons sal mekaar eendag kry.

Daar was soveel beplanning,
Denke en genade
In die hart
van ons Hemelse Vader

Want Hy't gewag,
Dag in en dag uit,
Sodat Hy kan seker wees
Oor sy besluit.

Toe't Hy Sy sommetjies
Vir 'n laaste keer gemaak
En besluit dat ons
Nou maar mag verlief raak

Ek sê dankie vir Liewe Jesus
En Sy engele daarbo
Want ek kan weer van vooraf
In Sy plan glo.

Daar's 'n lys van 50 goed
Wat my droom man moet hê.
Ek het hulle almal
Vir Liewe Jesus gesê

Hy't hulle mooi deur gelees
En dadelik besef
Dat Hy in Sy kassie
Vir Stefan Muller het.

Ek twyfel glad nie meer nie,
God weet wat Hy doen
Dit het ek besef
Die eerste keer toe jy my soen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

:-)
oulik gedoen.
7 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


die weervoorspelling
kosbaar.
en mooi vol dankbaarheid.
(wonder net of dit die soen was wat alles begin het?.....smile)
7 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar