Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verbloem jou soeke in gister
se struikelblokke
waar alles meer rooskleurig was
en nou wag jy vir redding
dalk net ‘n teken
sodat jy jou oordeel kan behou
en jy nogsteeds die sonskyn
in jou drome kan omvou

wat as jou enigste kans
opgesluit lê in gister
daar waar jy van kranse
kon afspring
met vrees as jou dryfkrag
en jou saniteit
wat saam die wind
kon sweef
sorgeloos

waar skuil jou waarhede nou
as die kommers
van net nou ‘n gedagte
klemmend op jou bors druk
en jy snak na asem
terwyl die trane
nat-droog oor jou wange treur
wie kan die hart lief

as die teerheid laatnag spore los
wanneer duisende wêrelde jou omvou
en die nag se dou
vaskleef aan jou slape
soggens staan jy op vir ‘n toekoms
want gister se vrese en liefde
leef nou saam
daar diep binne jou
dit is alles wat jou menswees nou beraam.

Chantelle Holder
24 Januarie 2014
© 2004 - 2014



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Meer kan ek nie sê as wat Justtia reeds gesê het nie.
Dis so stunning!

Ek is sò dankbaar jy deel dit hier met ons.

5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud


Interessant
Jou gedig is vir my baie interessant. Mens vind eggo's daarvan in Louis Esterhuizen se Tydsprong. Dit wys hoe 'n emosie soos 'n magneet deur metaal skaafsels momentum optel en die gelykdenkendes optel.


Tydsprong
(We)are like sand in the hourglass which can be time only in falling. ANA BLANDIANA

En
ons val
uit Gods hand
deur
blou stiltes
klipdimensies
van ruimte
moulose wolke
van vere gestroop
ten aarde
met ons vlerke
na onder gebuig
soos die arms
van 'n gebreekte
kruis
val
ons tyd
binne sand
deur
die uurglas
se dunste
knak
as
mens
nie vanweë
opset of moedswil
maar oorlat ons
moeg is

(Louis Esterhuizen)
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar