Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek verval in grys, hulle sê dis neutraal en soothing
dalk word ek oud, lavender grys oud
ek was maar van nog altyd af ‘n ou siel
ek stop al die kamers vol vreemde mense
so komune ons die eensaamheid weg
ek lewe kleiner, ek minimize en gooi uit
diè lente is my enigste doelwit ‘n spring clean, dis sad

ek neem waardig afskeid van my king size bed
en gooi ‘n sonbed in my kunskamer
ek trek vir hom ‘n grys bedsprei aan
hang ragfyn grys kant gordyne voor al die ruitte
so hou ek die droë groen winter buite
so keer ek die sonlig af na binne
die inkeer vind stelselmatig plaas

so verpas ek die trein na al die plekke wat ek wou gaan
stilte word ‘n goeie verdraagsame vriendin
ek journal met grys potlote
in ‘n wye spectrum van 5 kleure
my canvas is op en ek verf nou al op kas deure
‘n nimf vasgevang in grys celtic klooster
glasbal in skerwe, die kaarte is nooit volbring

my fok… grys is nie eers ‘n kleur nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jy bly maar 'n woordkunstenaar van formaat! dis 'n fees om jou werk te lees!!!!
9 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 21 ure oud


n Gryskunswerk van woorde
9 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud



Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar