Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Struthio camelus

lank van been
en lank van nek
groot van oog
en breed van bek

vlug van poot
maar swak van vlerk
word nie maklik
ingeperk

grote eiers
grote griet!
'n halfdosyn
kom skoon verniet

hardloop vinnig
soos die wind
met langhaaltreë
dié voël-se-kind ...

© Vic Viviers Maart 2013



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

halfdosyn
My die naweek op 'n jagplaas weer verwonder aan die goed.
Dog ek hoor vroegaand 'n leeu brul toe verseker oom Koos my dis voltruis se kind wat so maak.

Vir my werklik 'n pragtige gedig. Sal veral werk as voorgeskrewe vers vir die jeug.
6 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Dankiesê
Baie dankie aan julle almal hieronder -- julle laat my só goed voel -- sekerlik meer as wat ek ooit verdien!

Waar lag ek toe vir Brandewyntert wat gedink het dis 'n kameel tot sy besef het "NEEE Vic sal nie so skryf nie" toe sy by die "grote eiers grote griet" kom :-)
6 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


'n halfdosyn kom skoon verniet ...
(En dan seg slimmes en wie minder weet
steek hy kop in die sand as hy nie verder weet!)

Baie kunstig gedoen Vic!
6 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


Verniet
Puik en erg oorspronklik Vic!
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


Volstruis
:). Wonderlik dat jy inspirasie uit die ou voeltjie kon put. Wys jou mens (of voel met 'n umlaut) hoef nie hoog te kan vlieg (verskoon) om inspirerend te wees nie.
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


Bek
Sommer 'n lekker skrywe oor die groot voël Vic. Ek het dit baie geniet om te sien wat jy oor 'n volstruis dig. Ek het ook so twee volstruis versies in my kop...maar joune is sommer tops
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 5 ure oud


Ek sê nog altyd...
net die slimmes onder ons kan regtig rym. Tien uit tien!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Halfdosyn
Oulik gedoen, Vic!!!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


halfdosyn
Lekker beskrywend neergepen.
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud


Groot eiers
Haha! Baie goed!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Volla
Eers gedink dis Kaatjie Kekkelbek! Maar op daardie groot oë met die lang wimpers kan mens sommer verlief raak.

Mooi geskryf, Vic!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud


ge ge ge ek giggel nog steeds
Dis eers toe ek by die groot eiers kom dat ek dog, NEEE Vic sal nie so skryf nie...
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


*
Toe ek so wegtrek en lees dog ek jy praat van n kameel (nog nie so lekker wakker nie. Koek-ga-la Karate het ek gehoor die myners noem hom
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


Vogelstruis . . .
Minder bekend is:
Daar is twee prys groepe;
Die volstruis haal effe beter prys
dan die leegstruis.
Kreatief Mater
En effektief geskryf!
Thanks.
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


*
Koddige klomp goed! Oulik beskryf!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar