Weggegooi, vertrap, gebreek
My pen se ink voel verneuk
In eina gange angstig geklou
Hoe sensitief my onthou
Rou en rof skeur ‘n traan
Vader hou my hart in bedwang
Niks ontbloot….niks…. nie ‘n kreet
Help my Here on te vergewe en vergeet
Vernydige woorde….spottende lag
Niks dra hier ooit prag
Sluit jou oë soos arms om jou hart
Oor en oor speel hul dieselfde kaart
Trane wat bruin oë verkul
Ek wou nie huil nie… ek wil nie… ek wil
Skouers wat ruk…hart wat breek
Hierdie wêreld se mensdom so wreed…
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur neels claasen
Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word