Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Agter lemmetjies draad …
wink rus en vree',
ongeduldig om uiting te gee
aan die kuns muse
wat sluimer in mistieke gewaad.


Smagtend na oop vlaktes en son besies wat sing
oor einders van niks … wat die reën bring,
nou verdwaald tussen klip en stof
van dit wat kon
en dit wat wou,
nou lewend verstrengeld,
'n gevangene van daaglikse brood,
word lam gelê deur moeg
en daaglikse swoeg.


Hierdie kind van woord en dig,
versmoord deur moet en plig,
wil op staan uit as
met sy stof'rige jas,
wil vergeet van tyd op sy beplande baan.
wil uiting gee en sy man staan.


Wil antwoord oor vlak en wind,
wil luister na die ego wat fluister,
wat roep na die digters kind.


'n Droom … agter lemmetjies draad,
'n roeper van wind se maat,
verspeelde tyd,
slegs geleen
gegee,
en geneem.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kind
sjoe hierdie is uitmuntend gepen!!!!
5 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar