Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het U gevra vir rus vanoggend -
toe gee U my 'n voël gesang,
ek't gevra vir hulp met die verkeer,
wonderbaarlik het dit gevloei.
Ek't genoem ek is so moeg...
toe gee U my 'n knyp tydjie
by 'n straat kafeetjie.

'n Plekkie so vol karakter -
Klere patrone teen die plafon
en familie foto's teen die muur,
lang-speler plate met ou musiek,
sterk koffie vir die gemoed
met 'n skildery van 'n woud
om te vergoed.

Dankie heer vir hierdie dag
met sy voël gesang – dat U saam
loop en my “tip” met 'n knyp tydjie,
my rustig maak met nostalgie
en hierdie dag afrond
met 'n skitter rooi gloed
op die gesig van die meer.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

knyptydjie
dis soooo pragtig verwoord.. groot AMEN!!!
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Ano
Knyp
Vra en jy sal ontvang :-) maar soms kyk ons die ontvang ook mis! Ek hou van hierdie lewensles.
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


.
Hoe lieflik !
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


'n Knyp tyd notatjie

Baie goed neergepen.
5 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar