Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy wat in kind wees wil dwaal,
op grondpaaie van onthou stap,
opsoek na jou plekkie in die son
met die verlede wat in jou gedagtes maal.

Jy wat die lewe dra -
wat gebroke harte wil heel,
maar argeloos trap hul op jou seer,
ontnugterd is jy, as jy vra.

Eensaamheid skrop nes in jou siel,
waar jy sit in die roes van die maan,
verlang jy na kind wees, 'n skaduwee
wat kruip deur die gleufies van verniel.

Staan jy voor 'n ander se baklei,
om die gal en bitter af te weer,
veg jy 'n stryd teen werklikheid,
maar tog het “jy” gely.

Al wat oorbly... 'n korreltjie jy,
gevou met jou hande in skoot,
jou liefde weg gegee,
'n wasige droom wat jou vermy.

Verganklik is ons omgee – ons hart,
weg gewaai ons “ek” in die sand,
alles gegee – ons liefde en mens wees...
en nou sit ons met 'n kommetjie smart.


Cornien


Opgedra aan Lientjie 17 April 2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
inning.
vol sien,voel en omgee.
8 jaar 9 maande 1 week 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar