Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

daar is 'n plekkie
diep verborge vir die wereld
waar ek,
as stiltes sy crescendo vind,
my weg heen baan

dis 'n stukkie niks
met als daarin
my gebeurlike note
wat sorgvuldig akkuraat
my lewe gedenk

die son kan nie
sy blinde vingers
baan nie
want dis lig
wat soveel donkerte bring

en iewers tussen
eerste-soen-song
en verpletterde-haat-jou-liriek
vind ek die ritme
van my binnekant

die stil-strelende klank
van die stilte
wat so lank broeiend gebou het

geskryf op die mure
van my paradys-ruine
staan dit luidkeels

die liedjies van die wereld
is 'n kontra-bas

en jy

die kondukteur van elke hoekom
is die bladmusiek
waar ek die intro noot
van my epiese liedjie
in felle kontras
brand



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wysie
sal graag wil hoor hoe dit "sing"... ;-) met chinese en rooiwyn
6 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Dis sommer net so baie mooi.
8 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


:
Besonders goed geskryf. In kontras vind 'n mens balans en voel die ritme uiteindelik reg.
8 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar