Gedigte

Titel: `n Moeder
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

`n Moeder is `n geskenk van God
Al die goeie bestandele gooi Hy in `n pot
Hy roer en Hy roer; strooi van sy liefde oor
In die agtergrond sing `n engelkoor

`n Ma se liefde straal uit soos die vroeëmôre son
Ons sal rond om die aarde vlieg vir ma as ons kon
Ons het `n ma nodig soos ons daaglikse brood
Sy is altyd daar in ons diepste nood

Haar liefde lus ons ewige dors
Haar woorde vee weg ons hartseer frons
Haar moeders instink sien alles raak
Sy voltooi altyd haar moedertaak

Dankie Here vir die seën wat U vir my gee
My moeder help my om elke stap verder te tree
Soms, op die lewenspad het ons geskilletjies
Maar dit is maar net klein hobbeltjies

Ek kniel elke aand langs my bed
Here, baie dankie vir hierdie groot geskenk
Daar is `n stukkie van U in my ma
U liefde en kalmte omhels haar



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Z
'n Gebed / ode aan die wonderlikste vrou in meeste mense se lewens. Jy kry dit reg om die leser reg deur te van tot aan die einde.
3 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


moeder
baie pragtige gedig! dit geskenk wat 'n ma altyd kan bewaar! hou so aan! lettergroete
3 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


moeder
Jou ma kan baie trots wees op n dogter soos jy. Dis n pragtig gedig. Ek hoop jou ma raam dit en hou dit vir altyd.
5 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 20 ure oud


so mooi . .
a.
5 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


'n moeder is 'n superwese!!
5 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 2 ure oud


Moeder
Pragtige gedig Nikita! Die diepte en emosie wat jy ingebou het is so pragtig en spreek van liefde, respek, deernis en empatie. Sommige mense waardeer eers hul moeder wanneer hul self eers kinders het, of as sy die dag nie meer daar is nie.
Jou moeder is bevoorreg om jou liefde te kan ontvang. Baie mooi beskryf! -S
5 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud



Van ons Premium+ lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar