Ek is ñ vreemde wese
op ñ vreemde planeet
ñ planeet wat
blykbaar aarde heet .
En na dese
gaan almal dit weet ...
Lewe se spat
is nie altyd kuns nie
( nie eers moderne nie )
– soms is daar bloed
teen die mure .
My bloed .
Ja , aarde is nie
ñ plek vir my nie
( reeds te veel ure
hier spandeer )
te veel verantwoordelikhede
te veel seer
te veel frustrasie
te veel verwagting ...
en dis oomblikke van helderheid
soos diè hier en nou
wat my langtand aan die terrible teleurstelling
van my lewe hier op aarde laat (her)kou .
Ek is ñ vreemde wese
op ñ vreemde planeet
ñ planeet wat
blykbaar aarde heet .
( 19/11/2015 22h05 )
Dis net so ... spasieloos ...