Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Almal deel in die liefdes nood,
soos ‘n honger kind, wat vra na brood,
om nie te voel, is nie die antwoord!

Gemengde, abstrakte, rou emosies,
die wens, vir die draai van die horlosie,
die hart wat wegspoel, soos grond erosie!

Wie sal verstaan, die ontstuimige gewoel?
Ons almal gaan op ‘n tyd, so voel?
Sal tyd, die onstuimige, vlesige lawe, afkoel?

Hoekom die vrees, waarvoor bang?
Hoekom wil jy, jouself ophang?
Weghardloop. . . was dit die plan?

Soos ‘n skaduwee, wat by jou is,
al reis jy ver, die gevoel kan jy nie uitwis,
net die ewige slaap, sal die hart laat rus.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

onstuimige hart
Pragtig geskryf Buksie, jy het die woorde mooi gekies, mooi geplaas en die hele gedig spreek van emosie, diepte en insig. Baie mooi! -S
12 jaar 1 maand 1 week 3 dae 22 ure oud


deel die swaar, met sulke mooi woorde. ons dra saam.
a.
12 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 12 ure oud


Ai ek ken so die gevoel hoor....sterk staan jongie...

Tella
12 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar