Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In 'n oopte tussen wolke
het die maan gehang ~
wit en half
en effens blink.
Die wind het koud gewaai.

Dit was die eerste van November
en krismis was alreeds
vroeg, vroeg aan die wink.
(Die end van nog 'n jaar
loer skelm
om die draai.)

Die water in die bad
was klaar so effens lou
toe sy die eerste druppels hoor.
Die wit hond
(met gespitste oor)
het na die ruit se kant geloer.
Buite het die reën
die blare aan die perskeboom laat roer.

Die suidoos het die water
teen die voorstoep teëls laat spat.

Hier was die reën (uiteindelik)
dié reën
wat sy so bitter graag wou hê

en 'n onverwagse winter
~ wat in haar leemtes
sou kom lê.




C. Shaw
1 November 2015




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Winter
Dis 'n bonus van die Here af wat jy hier so pragtig beskryf!
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae oud


Onverwagse winter
Baie mooi skildery, dit is vrek koud hier by my!
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


Z
Skitterende gedig. Die beeld wat jy skep van die reën wat heel buite seisoen val laat so gelate tevredenheid by my.
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


***
Ek hou van die prentjie wat jy so kunstig skets.
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Winter.
Soos altyd, 'n vreugde om te lees.
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


O gits . . .
kyk by voorstoep *teëls.
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Klimaat se rondomtalie!
Maar reën maak ook mý leemtes vol – maak nie saak of dit ontydig val nie.

En jou gedig maak my hart warm. Jou kuns ook.
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


'n onverwagse winter


So pragtig mooi jou slot!

"...en 'n onverwagse winter
~ wat in my leemtes
sou kom lê."
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


.
Stuur hierheen ook asb ...
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Winter
Ek hoor. So baie mooi vir my.
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


reen
asseblief tog stuur Vystaat toe ons het dit nodig
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud



VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar