Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek wil jou hand vat en hardloop
die heuwels in en oor
met jou dans in die maanskyn
tot ek my hart in jou oë verloor
ek wil deur stofstrate stap en hardop lag
vir jou seunsagtige lawwighede
sodat mense sal uikom op die stoep
net om ook die musiek te hoor

neem dan my hand, my liefde
hardloop en sing saam met my
’n refrein van vasbyt en voorgaan
net om met die liefde by te bly

vat my styf om my middel
en draai met my ‘n Weense wals
want vandag is dit jou verjaardag
al sing ek die deuntjie ook vals



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Dis is beeldskoon :)
4 jaar 1 week 5 dae 20 ure oud



Van ons Premium+ lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar