Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy, ma, is ‘n pronkveer.
Sag lê jy my teen jou borskas neer.
So waak jy totdat ek slaap
-daar kan niks seermaak nie-

Jou hande, soos salf,
streel simpatiek oor my vaal bossie hare.
Jou hartklop maak my huilstem stil.
Vir ‘n appel en ‘n ei
werk jy
om my magie vol te hou.

“Toemaar...” Vee jy my trane weg
wat massas oor jou skouers rol.
Jou oë is lieflik.
Jou stem is ‘n troos
wanneer ek my knieë stukkend val.
Wanneer my tiener emosies Ma oorval.
Met moeite het jy my die wêreld gewys,
my krake toegesmeer.
Selfs wanneer jy wou bars,
het jy eers teleurstellings in my gemoed probeer keer.

Jy, ma, is ‘n pronkveer.
Sag lê jy my teen jou borskas neer.
Ma is beeldskoon, trots,
die hoogste prys.
Die kuns is egter om ongeknak te bly
wanneer my woorde
die seerdrimpel in ma se moeder-hart oorskry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    n Vergane Era

    deur neels claasen

    n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar