Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was nie altyd die beste Ma
of vriend vir jou nie;
het nooit genoeg tyd met jou gedeel
om ons te waardeer.
Jy het van my so bitter min gevra;
maar gee, nee, ek wou nie.
Het ek maar besef ek was besig
om ons te verskeur.

Hierdie is die herinneringe wat ek het
wat my snags saggies laat huil,
want tyd kan ek nooit terugdraai.
Hierdie is al die waarheid wat ek ken
waarvan ek nêrens kan skuil,
hierdie is jou moederliefde verraai.

Hier staan jy nou, my kind,
amper groot, volwasse
amper uit my hande.
Al wat ek het is my foto album –
gesiggies met ‘n datum.

Maar voor dit te laat is, gun my die eer
om hierdie seëning vandag aan jou op te dra.
Ervaar dit vanuit jou siel, en in jou leef –
mag die reënboog altyd aan jou skouer raak :

Pueblo Seën
Hou vas aan dit wat goed is,
al is dit ‘n handvol aarde.
Hou vas aan dit waarin jy glo
al is dit ‘n boom wat alleen staan.
Hou vas aan dit wat jy moet doen
al is dit vêr weg van hier.
Hou vas aan die lewe
al is dit soms makliker om te laat gaan.
Hou vas aan my hand
selfs nadat ek weggegaan het van jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Reenboog
Dis so hartseer! Ek het `n knop in die keel en oe wat brand!
7 jaar 10 maande 1 week 6 dae 14 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar