Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Hart se seer is buite die grense van verstaan...
Ons kan nie altyd ons weg deur die vrae baan
Hoekom moet ons altyd die ergste vrees?
Net tyd en gebed kan op die ou einde genees

'n Glimlag kan baie verskuil
Dit sal nooit ons hartsgeheime verruil...
Ons almal weet jy kan dit nie verduidelik,
maar die gebrokenheid van die wêreld is onvermydelik

Ons soek na antwoord, na rede
maar dit verander nie die toekoms of ons hede
'n Wêreld vol mense en tog staan ons alleen
net op genade en tyd geleen

En uiteindelik het ons geen antwoord op die vraag van ons seer
Maar éen ding is seker: Alles moet met 'n doel gebeur
Trane word dikwels in oorvloed gestort,
maar aan God se genesende Hande het ons geen tekort!

Somtyds word ons deur die lewe verslaan,
maar eendag...ja eendag sal ons die rede verstaan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n Saak van die hart
`n Baie besonderse gedig waar soveel vrae ongeantwoord sal bly
4 jaar 11 maande 1 dag 9 ure oud


saak van die hart
laat my dink aan ons sien in n spieel in n raaisel maar sal eendag die antwoord ken... baie mooi gepen
4 jaar 11 maande 1 dag 11 ure oud


hart
Goeie rymgebruik
4 jaar 11 maande 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar