Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons het nie gevra, om op mekaar verlief te raak,
maar ons het,

Ek het nie gevra, dat jy moes “weggaan”,
omstandighede, het ons van mekaar “vervreem”

Ek wil nie die pyn en seer hê nie,
ek’s jammer en spyt, dat ek jou dalk dieselfde
pyn en seer besorg het.

Ek mis jou en het nie hiervoor gevra,
ek vra myself, is dit hoe hartseer voel?

Ek het nie gevra, om so lief te wees vir jou nie,
maar ek is. . .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

'n Seer Hart.
Dankie Buksie.
Ek het "n lywige kommentaar oor hierdie skrywe van jou gegee en dit het net verdwyn. Dus as jy dit gekry het verskoon tog dat ek weer kommentaar lewer. Jy gryp my hele wese hier vas met jou woorde en dit kon net sowel my eie woorde gewees het. Ek moes my ware nuwe Liefde prysgee uit eer vir haar an haar huwelik, asook nuweling in hul huis. Ook om binne God se wet te bly en ons Het albei vergifnis gevra voor God oor ons oortreding. Steeds dink ek elke dag aan haar en wonder of sy ook so doen. Ons moet aangaan met ons eie lewens en weet dat dit wat ons gehad het net mooi en pragtig was en dat albeu daaruit kon leer. Nooit sal ek haar vergeet. Dankie vir jou woorde Buksie. Word opreg waardeer.
12 jaar 9 maande 1 dag 9 ure oud


Hartseer
Hierdie seer hart sou ek self nie beter kon beskryf nie.
Sterkte Buksie.
12 jaar 9 maande 6 dae 9 ure oud


n seer hart
EINA,Buskie!!!!!!!!
Sal die seer weggaan of beter word?
Ek hoop so!!
12 jaar 9 maande 6 dae 16 ure oud


Sjoe...buksie kom fluister die eina gevoel van jou gedig hier in my hart...ja mens vra nie daarvoor nie...dit donder jou net onverwags om en daar sit jy...met hartseer en pyn...

Maar ja...the show must go on...

Tella
12 jaar 9 maande 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar