Gedigte

Titel: 'n Siklus
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Om te redeneer oor die ongedane,
soos om te roei sonder spane
die wedloop na uitgestrekte bane,
soos water wat drip uit grys krane.

Jou soet geur kan mens nie verleer
wat was en wat is, kan niemand keer
die kinders, hul het nie krepeer
niemand weet van die pyn en seer.

Wie ken die toekoms van die mense lot
’n vinger lank van lekker en genot
na die volop vet jare, nou bankrot
na ons heengaan, is daar weer volop.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beste Buksie,

Ek hou baie van die gedig. Jy gebruik rym en ritme voortreflik om die rondomtalie van die lewe te versterk. Veder kyk jy wyd oor die lewe, amper asf jy self ronddraai om dit te kan doen.

Mooi loop
11 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud


Goeie gedig. Hou van hom!
11 jaar 4 maande 5 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar