Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Is koud!
Die vloer is klam van gister se reën…
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is my suster.
Die kombersies in dun en gate ingestryk…
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is my ma.
Sy lê agter my, vol en halfnaakwarm …
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is my pa.
Hy lê agter ma. Ek voel hy hou haar vas…
Ons lê lepel en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.

Is ek.
Ek lê fnuikslaap in die knus gevang…
En ons lê lepel, en êrens in die nag
word ons warm in onse samesyn.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

‘n Sondagrefrein vir ‘n koue nag
Iewers in die lyne lees ek van armoede maar tog van 'n samesyn wat min sal ken as jy nooit arm was nie. Maar elkeen kan dit dalk anders lees. Mooi gedig vir my!
11 jaar 6 maande 5 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar