Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bly in die middestad
van Pretoria op die tweede
vloer tussen motor getoet
en die verkeer se lawaai
waar misdaad hoogty vier
en die dwelmsouse koning kraai...

- Maar voor die venster
van my karig gemeubileerde
kamer met die gekraakte ruit
hang 'n trossie pers Genade

Want die Jakarandas blom!

© Zym 30 Oktober 2012



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sjoe
mooi! ek ken daai prentjie! het jou spesifiek weer kom opsoek Zymrly - geweet ek sou 'n mooi vers hier by jou werf kon lees!
groete
6 jaar 9 maande 3 weke oud


Genade
So mooi!! Pers genade is spesiaal.
6 jaar 10 maande 4 dae 20 ure oud


Ai ai ai!!
Hoe kry jy dit altyd reg!! Dis sielsmooi!! (Ek is hopelik terug na 'n laaaaaaaang droogte!)
6 jaar 10 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Jakarandas!
Skryf jy my baie jare terug in my jong dae as beginneronderwyseres in 'n woonstel in Arcadia! Puik, puik, puik, soos altyd!
6 jaar 11 maande 9 ure oud


n Trossie Pers Genade
Ja so tussen al die geroesmoes deur tog ook die mooi van die jakarande. Baie goed. Na n lang afwesigheid stap ek deur ons woesters se woordepark en kan nie genoeg kry nie.Ek is bly jy hou nog aan dig, myne het lankal opgeraak.
6 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Pers
Pragtig,Zym! Selfs vir hierdie oud-Kapenaar is dit 'n ongelooflike gesig! Jy het 'n groot gawe om die grootsheid van iets soos 'n jakaranda in so min woorde te kan weergee.
7 jaar 2 weke 3 dae 4 ure oud


pers genade
Ek bly ook in Pta weet waarvan jy praat :)die Jakarandas is pragtig mooi geskryf
7 jaar 2 weke 3 dae 13 ure oud


Pers
Oh wow wow wow! Dis so eenvoudig en pragtig en laat my ook genade ruik en proe!
7 jaar 2 weke 3 dae 17 ure oud


V
Hi Z,
As Pretoria te veel word - is daar altyd 'n plekkie in die Suikerbosrand vir jou!

7 jaar 2 weke 3 dae 23 ure oud


Genade
Ja, 'n mens kan genadiglik nog ten spyt van. . .praat van klein genadetjies. Dankie vir die deel van hierdie kort maar sielsverrykende woorde my vriend.
7 jaar 2 weke 4 dae 1 uur oud


Pers Genade
Soos gewoonlik vat jy die groot skildery so mooi saam in 'n paar woorde!!!
7 jaar 2 weke 4 dae 2 ure oud


Genade
En ek dink dit simboliseer dat daar 'n wakende Hand vol genade is.
7 jaar 2 weke 4 dae 2 ure oud


Jakarandas
Pragtig gedoen! Mal oor jou uitbeeld van die pragtige gesig. Loer bietjie in Brooksstraat - daar's 'n pers tonnel en by Queen Wilhelmina Rylaan is WIT Jakarandas.
Puik Gedig!!!
7 jaar 2 weke 4 dae 2 ure oud


Baie Cool
Dit is alles in n neutedop !
7 jaar 2 weke 4 dae 3 ure oud


Pers genade
Ek is woordloos gelaat
Verstom gestaar en gedink en gesien
na, eintlik 'n groteske verhaal - vir my as stoieverteller
deur 'n meester woordskilder.
Zym . . .!
7 jaar 2 weke 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar