Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hul sê God pluk al die mooiste blomme eerste
Toe Hy jou gepluk het sus, was dit die seerste

Kon jy nie maar hier op aarde blom
Hier tussen jou gesin met kinders klein en broos?
Wie het Hy gedink moet agterbly
Moet hulle vertroos?

In die hemel is daar ‘n tuin
Met Gypsophila, appel bloeisels,
Camellia en wit angelier.
Geranium, Gladiolus en Casablanca lelies

Onder die skuiling van ‘n Magnolia boom
Groei daar ‘n pienk Orgidee
Omring deur ‘n see van Gesiggies
Met ‘n Klimop wat getrou daar hang

Daar liewe sus, word jou gesin weer heel.


• Gypsophila – “baby’s breath” = simbolies vir feestelikheid
• Appel bloeisels = simbolies vir belofte
• Camellia = simbolies vir grasieus
• Wit angelier = simbolies vir onthou
• Geranium = simbolies vir gemak
• Gladiolus = simbolies vir sterk karakter
• Casablanca lelies = simbolies vir feestelikheid
• Magnolia = simbolies vir waardigheid
• Orgidee = simbolies vir delicate skoonheid
• Gesiggies = simbolies vir liefdevolle gedagtes
• Klimop = simbolies vir getrouheid



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar