Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kosbaarste geskenk wat enige vrou kan kry
is 'n man wat omgee en good looks het, net soos jy

Die teerste gevoel wat enige ma kan hê
is om te sien hoe haar man met sy seuntjie lepel-lê

Die warmste gevoel waarmee 'n vroue hart kan klop
is as pa sê : "My kind, voor jy doen moet jy eers stop -
Dink dan mooi - Is dit reg of verkeerd?
miskien is dit eers iemand anders se beurt -
Nou kan jy doen net wat jy wil .."
en Pa se geduld maak weer die verskil

Wat 'n moeilike voorreg om die ma van sulke kinders te wees
en te weet in hul oë is pa altyd reg en sy daar wees maak hom so groot soos 'n reus

Die liefde tussen 'n pa en sy kind
is die onbreekbare band wat 'n gesin aan mekaar vasbind

En die ma? -Haar plek is om net lief te wees
vir al haar kinders en so ook hul 'reus'
Om pleisters te plak en spoeg op te sit
as een bietjie skaaf op die Pa-Seun lewensrit

Om net toeskouer te wees van die elke dag interaksie
gee 'n ma amper al die jaloerse satisfaksie

Voeg daarby pa/seun liefde, omgee en selfs 'n bietjie respek
en julle het amper die hele gesin-ding gedek

Dankie Pa vir jou bydrae in hierdie verband
ek's definitief die gelukkigste ma in die land



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

pragtig!
ek lees so lekker deur hierdie mooi werk.
6 jaar 11 maande 1 week 5 dae 11 ure oud


Vadersdag
'n Lekker warm om die hart gedig!!
6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


vadersdag
Ooo dis flippen goed - jy laat my effe skuldig voel oor ons nie aldag waardeer wat ons het nie...
7 jaar 21 ure oud


DIT IS WERKLIK PRAGTIG EN JY IS GESEEN.DIS MOOI OM TE SIEN DAT JY DIT BESEF EN DANKBAAR IS DAAROOR.
9 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Dankie
Ronel, welkom op Woes! Hierdie is 'n pragtige gedig, so diep uit die hart en mens kan jou gelukkig wees hierin lees. Twee pragtige seuntjies wat jy het. Ek kom beslis weer by jou kuier om die ander gedigte te lees.
9 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar