Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dekades gelede was ek slegs 'n spikkel in die almag van die hemel ruim,dalk nie eens 'n vormende gedagte of wens nie maar wel beplan deur Sy genade,
so mildelik gestort in my lewe, sonder tierlantyntjies of bravade.
Gemaak uit stof en die niks...van die wind wat soms roekeloos of geruisloos
kan pluk aan al die wonders van Sy skepping.

Groot geword met lief en leed en soms... lag.

Gewonder hoekom is ek daar, hoekom ek, hoekom en waarom 'n klad kol op die lewens boek van bestaan – tot U my neem op die bergtop van empatie...
So baie gevra hoekom en waarom en tog telke male bewus gemaak
van dankbaarheid...
met al die leed en pyn sigbaar om my, onbewaak.

Met wasdom, die onderskeid tussen swaarkry en smarte of beter af...
Dankbaarheid vir die daaglikse en genade met flenter harte en klere.
Voor omstandighede my wou verswelg word ek bewus van lewens
drenkelinge om my, hou U my nog staande as 'n baken in die donkerte...

armoede wat loshande baljaar in kos kaste of skoon en verbleik
in 'n uit tand hangkas glimlag, word ek bewus van omgee en meegevoel -

Roer my gemoed of vlam op in die verkeer -

loer die son strale sagkens blink deur boom blare
en nestel hom warm op my voorarm -
en jubel tussen blom plaat en die immer groen,
streel saggies oor 'n spieël glad meer.

Soms versonke in eindlose leed skyn U ster belaaide hemel
in die kom van my trane, het ek gedink ek's so alleen -
maar U was daar met die maan wat by my siel se venster in loer,
maak U my rustig met die nag geluide en veraf duif wat koer.

Besef ek U laat my nie vir 'n oomblik alleen -

Al laat kommer 'n waas sak oor my oë en ligaamlike skete
soos 'n vlym skerp swaard brand, is U daar...

Ja van my skepping, my bestaan...
Maak U my bewus van die eerste bestaan,
van die groter hart die groter omgee -
Skets U die hemel ruim snags met al sy prag...
ster knipoog in sy wentelbaan,
en maan maak seker ek kan sien
wanneer ouderdom my wil pootjie
oor al die klippe met tyd gestrooi.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

n venster
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Buitenste ruimtes projek
4 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar