Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Geskryf oor 'n klein dorpie waarin daar soveel van my hart-spore lê)


Ek het op plekke geloop
waar ek jou tree kon sien
en jou spoor kon volg,
maar dit was
in die gange
van verlange
waar ek jou kon vind

Daar waar ek weer van
die lank vergete
herinnerings
kon opsaal,
om vir oulaas
in jou verlate strate
te verdwaal

Daar waar my hart se mure
net kan omval
en berus
dat ‘n stukkie
van wie ek is
altyd hierdie rooi-grond-stof
en winterson
sal mis

Waar net jou naam
soos ‘n eensaam
alleen spookdorp
in my hart
opgeteken staan

En net die soekende swerwers
wat iets van jou stil bedese gees
in die nanag kan onthou,
van die geraamde brokkie son
om jou vaal gelaat sal hou

~©KVDM



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uitsonderlik
Ek verstaan hierdie woorde van jou so goed, dit spreek tot in my siel. Ken elke oomblik en elke gevoel. Dankie dat jy dit met my gedeel het! Uitsonderlik, 'n gunsteling!
6 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 6 ure oud


Ek self
Ek verstaan presies wat jy bedoel met:

"Daar waar my hart se mure
net kan omval
en berus
dat ‘n stukkie
van wie ek is
altyd hierdie rooi-grond-stof
en winterson
sal mis"

Ek het self sulke plekke.

Jou gedig het my weer laat onthou.

-=P=-
6 jaar 11 maande 3 weke 18 ure oud


Ver
Voorwaar goed geskryf!
6 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Plekkie
Pragtig nostalgies, vol heimwee en goeie herinneringe. Mooi gedoen!!!
6 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


weg-gebere plekkie
Die hart is vol skatkamers, en elke skat het onvergeetlike waardes ..mooi gedig.
6 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


‘n Ver-weg gebêre plekkie in my hart
Nostalgie op sy beste!
6 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


***
Jou gedig praat met my, baie dankie daarvoor [en vir die mooi woordbeelde].
6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Gange van verlange.....
waar ek jou kon vind.

Soo so mooi geskryf
6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


Plekkie
Baie pragtig geskryf Karen
6 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 22 ure oud


plekkie
ek ken ook so plekkie mooi!
6 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud


plekkie
Mooi beskrywend neergepen
6 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar